Een vir Babilon deur Jannie le Roux
Foeitog,” troos Evette, “as ‘n mens konserwatief grootgeword. het, vang sulke dinge jou. Omdat jy onskuldig is, tref jy nie genoeg voorsorg nie.”
“Dis die punt! Ek het nie voorsorg getref nie, want ek is tot vandag toe nog ‘n maagd!”
“Ag, komaan! Die laaste maagd wat so iets oorgekom het, of die enigste een, was Maria!”.
Marietjie draai vererg om, haar gesig nat van die traanstrepe.
“Luister en luister mooi – ek is ‘n maagd! Ek weet nie hoe ek swanger geword het nie!”
“Dalk is jy ‘n millennium Maria!” spotlag Evette. “Hier met die wisseling van die eeu gebeur baie eienaardige goed
‘n Onskuldige meisie, onwetend vasgevang in ‘n bose komplot.


Reviews