Een Minuut deur Wess Stafford
Onthou jy nog daardie een oomblik (of miskien was daar ‘n hele paar) wat jou lewe verander het toe jy ‘n kind was – en deels vorm gegee het aan wie jy vandag is?
Laat dit jou glimlag? Kry jy trane in jou oë? ‘n Verlangende terugblik? Ons het almal hierdie stories om te vertel en ons kan almal, nou, hierdie stories laat gebeur! Al wat nodig is, is een oomblik uit jou besige dag, en jy kan daardie iemand wees in die lewe van die volgende kind wat jy teëkom. Dit kan dalk jou eie seun of dogter wees. Of miskien is dit die kind wat laer af in die straat speel. Of miskien is dit die een wat chaos in die supermark veroorsaak.
Lees die een kragtige verhaal na die ander oor lewens wat verander is omdat iemand net ‘n minuut geneem het om regtig ‘n verskil te maak in die lewe van ‘n kind. Wees wakker – jy weet nooit wanneer jou geleentheid hom gaan voordoen nie.


Reviews