Dogters van Afrika

Saamgestel deur Riana Scheepers

Formaat: Groot Sagteband

Toestand: Baie Goed

R40.00

1 in stock

1 in stock

Dogters van Afrika saamgestel deur Riana Scheepers

Vir elke vrou en óór bykans elke soort vrou is hier ‘n storie in Dogters van Afrika: Verhale oor Suid-Afrikaanse vroue, saamgestel deur Riana Scheepers.

Dié versameling van ses-en-vyftig verhale begin met Eugène N. Marais se klassieke teks “Die vaal koestertjie” waarin die slimme Nampti haar chauvinistiese bruidegom én die res van die stat se mense lekker uitoorlê, en eindig met Petra Müller se geheimenisvolle, onthutsende verhaal “Engel by die vleiland”.

Tussen dié twee pole word die vele fasette van vrouwees belig deur skrywers soos Hennie Aucamp, Margaret Bakkes, Abraham H. de Vries, J.M. Gilfillan, Jeanne Goosen, Rachelle Greeff, Elsa Joubert, E. Kotze, Elise Muller, Nataniël, Dot Serfontein en twintig ander.

Audrey Blignaut skryf oor daardie eerste soet ontdekking van die liefde; Etienne van Heerden oor ‘n triestige bruid in Bellville se landdroshof; Sita oor Mêrie Roeks se blinde moederliefde vir haar kleintjie met die “pragtige hiller oë”; Dalene Matthee oor ‘n vrou wat haar onwennige seun probeer oortuig dat sy tog deur die mense van haar omgewing gereken word, al is sy arm en bruin.

Daar is verhale oor huiswerkers en skooljuffrouens, boervroue en lykversorgers – almal onmiskenbaar Suid-Afrikaanse vroue: bruin, wit en swart; plattelands en stedelik; jonk en oud; gesofistikeerd en naïef. Of die verhaal nou handel oor Bella, Lya of Benedicta; oor Ketôbatjie, juffrou Blinkoë of Nomsa, elkeen van hulle is ‘n boorling van ons wêreld, ‘n dogter van Afrika.

Reviews

Be the first to review “Dogters van Afrika”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop