Die Verbond deur Beverly Lewis
Die Verbond is ‘n aangrypende roman wat jou sal meevoer tot in die hartjie van die Lancaster-distrik in Pennsilvanië.
Hier ontmoet jy die vier Ebersol-susters, Sadie, Leah, Mary Ruth en Hannah, en leer uit hulle verskillende persoonlikhede en worstelinge wat dit beteken om ‘n tiener in die Amish-gemeenskap te wees.
Die oudste suster, Sadie, kom voor ‘n moeilike keuse te staan. Nadat sy haar geloof bely het, raak sy verlief op ‘n dokter se seun; iemand buite die Amish-gemeenskap. So beland sy in ‘n web van bedrog, sonde en ontrouheid. Haar jonger suster Leah is bewus hiervan en voer ‘n stryd tussen haar verhouding met haar suster, haar verantwoordelikheid teenoor haar ouers en haar eie geheime liefde vir ‘n ander man as wat haar pa vir haar uitgekies het.
Gaan hulle getrou bly aan hulle eeue oue tradisies, of toegee aan die moderne wêreld wat aanloklik vir hulle wink?


Reviews