Die son het vlerke

Skrywer: Ferdinand Deist

Formaat: Medium Sagteband

Toestand: Baie Goed

R35.00

1 in stock

1 in stock

Die son het vlerke deur Ferdinand Deist

In die Ou Testament ontmoet mens ‘n God wat chaos tot orde omskep, ‘n God wat uit moedelose slawe ‘n volk maak. In die Nuwe Testament wek dieselfde God die gestorwe Messias uit die dood op. Dís ‘n God wat sinloosheid tot sinvolheid omskep. Gister en vandag dieselfde …

Maar sal die Westerse kitskultuur met sy kapitalistiese denke, ingestel op kitsresultate en maksimum wins, uiteindelik net hulpeloos kan toekyk op die religieuse en morele vakuum wat sy alternatiewe gode tot stand gebring het? Sal die slapende Christendom weer wakker word? In dié bundel bring Ferdinand Deist die leser opnuut onder die indruk van God se groot misterie én van die gelowige se geborgenheid in die Verborgene.

God se kinders kan Hom nooit deurgrond nie. Maar hulle kan weet dat dié God wat Hom met sonnestelsels, planete en engele besig hou, húlle ken. Hy hou die geskiedenis in sy hand; daarom kan ons elke dag met vertroue leef.

Reviews

Be the first to review “Die son het vlerke”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop