Die reuk van koffie deur Koos Kombuis
Met ‘n styl wat verbysterend kan wissel tussen erns en luim, tussen algemeenbeskaafde en pavement-special Afrikaans, takel hy die Suid-Afrikaanse, en veral Afrikaanse, sake van die dag.
Hierdie versameling is gekies uit ‘n verskeidenheid skryfsels: rubrieke in koerante, artikels in tydskrifte en op webwerwe en – natuurlik – sy blogs. Wat jy dus in dié bundel sal vind – in geen spesifieke volgorde nie – is Koos Kombuis se groot rugbygeheim (met verwysing na waar sy liefde vir kurktrekkers vandaan kom), ‘n liefdesverklaring aan Stellenbosch, ruminasies oor bekende persoonlikhede van Kurt Darren tot Eugène Terre’Blanche, kleintydherinneringe aan Hartenbos-vakansies, skouers skuur met politici al dan nie (don’t braai for me, Jacob Zuma), en die eerste dag van sy menopouse.
Koos Kombuis is skerp, slim, satiries – en enig in sy soort.


Reviews