Die Nancy Gardiner Tuinboek

Skrywer: Nancy Gardiner

Formaat: Groot Hardeband

Toestand: Baie Goed

R40.00

1 in stock

1 in stock

Die Nancy Gardiner Tuinboek

Nancy Gardiner werk reeds byna 40 jaar as tuinskrywer en -fotograaf en het oor hierdie tydperk nie net waardevolle kennis en ervaring nie, maar ook ‘n versameling foto’s opgebou wat moeilik geëwenaar sal word. Hierdie boek put diep uit daardie skatkis en spreek bowenal van haar liefde vir die natuur en tuinmaak.

Die Nancy Gardiner Tuinboek skop af met beplanning en ontwerp, en spog met nege oorspronklike tuinplanne spesiaal vir die boek ontwerp:

  • Moderne tuin
  • Romantiese tuin
  • Gesinstuin
  • Tuin vir ouer mense
  • Binnehoftuin
  • Tuin teen ‘n steilte
  • Tuin langs die water
  • Klein voorstedelike tuin
  • Inheemse tuin

Al die planne kan volledig gebruik word, of gedeeltes kan benut word om spesifieke uitdagings in individuele tuine aan te spreek. Elke plan is volledig met ‘n uitlegbeskrywing en gedetailleerde plantlys. Dan volg ‘n visuele feestoer saam met die skrywer deur ander mense se tuine regte tuine wat deur regte mense gemaak is. Laat idees wat jy uit dié reis kry jou inspireer om jou eie droomtuin te skep, maklik gemaak deur die plantlys met praktiese inligting en beskrywings van meer as 500 van die gewildste tuinplante.

Hierdie boek spog met honderde asemrowende kleurfoto’s en is die beste nóg deur die doyenne van tuinfotograwe en -skrywers in Suid-Arika. ‘n Wonderlike geskenk vir enigeen wat die mooi in die lewe geniet.

Reviews

Be the first to review “Die Nancy Gardiner Tuinboek”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop