Die liefde bedek alles

Skrywer: Sanette Strydom

Formaat: Medium Hardeband

Toestand: Baie Goed

R30.00

1 in stock

1 in stock

Die liefde bedek alles deur Sanette Strydom

Dorien raak met die voortvarendheid van die jeug verlief op Dawid Wesdyk, die vooruitstrewende boer van Bloukrans. Sy hou haar doof vir haar ouers se besware dat Dawid te oud vir haar is. Boonop is hy ‘n hardvogtige, verbitterde man. Sy glo egter dat sy hom sou verander deur hom met haar liefde te oorlaai.

Die liefde bedek alles vertel die verhaal van Dorien en Dawid; van Dawid se begeerte om ‘n erfgenaam vir Bloukrans te hê; van die liefdelose huwelik wat Dorien ontnugter laat; van Dawid se wrok teenoor die hele vroulike geslag, wat moes boet omdat sy ma hom in ‘n kinderhuis laat grootword het.

Boweal is dit ‘n verhaal wat vertel van die liefde wat ‘n ouer vir sy kind het: Dawid, wat klein Dawid verafgod en enigiets sal doen om hom op Bloukrans te hou, en Dorien, wat geweldige opofferings maak om haar seun nie van haar te laat vervreem ná haar en Dawid se egskeiding nie. Sy plaas selfs haar eie geluk op die altaar daarvoor. Sal Dorien ooit die geluk smaak wat ‘n normale huwelik bring?

Die verhaal maak ook sy draai by Johan Lubbe, die advokaat, wat Dorien ondersteun wanneer sy dit die nodigste het; Johan, wie se vrou tragies verongeluk het. . . Sal hy geluk vind?

Die liefde bedek alles deur Sanette Strydom sal die leser ontroer en weer eens laat besef dat daar geen groter liefde is as ouerliefde nie en dat dié liefde alles bedek, alles glo, alles hoop en alles verdra . .

Reviews

Be the first to review “Die liefde bedek alles”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop