Die helfte is my nooit oor Jesus vertel nie deur Adrio Konig
Daar is lees … én lees!
Daar is geleerdes wat hoe langer hulle die Nuwe Testament lees, hoe minder oorhou van Jesus. Een bevind dat Hy nie regtig opgestaan het nie, ‘n ander dat Hy nie regtig wonderwerke gedoen het nie; ‘n derde reken Hy het nooit al die dinge gesê wat aan Hom toegeskryf word nie… En dié wat wel iets van Hom wil behou, eindig met skrale eensydighede – Hy was net ‘n wysheidsleraar, net ‘n wonderdoener, net ‘n eenvoudige Galileër …
Ja, daar is lees … én lees.
In hierdie boek lees ons ook die Nuwe Testament. Maar hoe langer jy gaan saamlees, hoe ryker gaan jou beeld van Jesus word. König reageer hier saaklik op “die historiese Jesus”-debat. Maar hy neem die getuienis van die vroeë Christene ernstig op en ontdek dat hulle ‘n ongelooflike ryk belewing van Jesus gehad het; oneindig meer as die verskraalde beeld van Hom waarmee óns gewoonlik werk. Vir baie Christene is Jesus net die Verlosser aan die kruis. Of miskien darem ook nog die Een wat my in my nood kan help. Natuurlik is Hy, en dit is wonderlik. Maar na ‘n paar bladsye van hierdie boek sal jy ook voel: Die helfte is my nooit oor JESUS vertel nie.


Reviews