Die Formidabele Ling Ho

Skrywer: Johan Kruger

Formaat: Medium Sagteband

Toestand: Baie Goed

R40.00

1 in stock

1 in stock

Die Formidabele Ling Ho deur Johan Kruger

Wanneer kansvatter van formaat Willem Landman sy swart snor opplak en sy satynskoene met die klokkies op die punte aanhet, is hy Ling Ho: opperste towenaar en showman. Van skoolsaal na kerksaal na landbousaal reis Willem, sy assistent en sy kat in hul bakkie, gevolg deur ‘n karavaan, gevolg deur ‘n Ventertjie, oor die grasvelde van Mpumalanga.

Dit is hier waar dié klein bende vir Evie en Noah raakloop. In hul biblioteekwa bring dié gedemoveerde bibliotekaresse en die drywer van die Travelling Library die geskrewe woord na die mense.

Tussen Evie en Willem is daar ‘n vonkie, maar daar is ook onweer in die lug. Die storm in aankoms gaan Willem en die meisie in die kis se bloutjie een aand met die saagtriek na kinderspeletjies laat lyk.

Johan Kruger steek die draak met allerlei swaarwigtige Suid-Afrikaase werklikhede. Sy satire Die formidabele Ling Ho is soos ‘n welkome bui reën oor ‘n dor stuk platteland.

Reviews

Be the first to review “Die Formidabele Ling Ho”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop