Die Evangelie is op die spel deur Adrio Konig
Ons leef in wonderlike tye. Maar dit is nie stormvrye tye nie. Kerklik is ons vasgevang in ‘n teologiese storm wat hewig aan die boot ruk, wat aan die hart van die evangelie ruk. Ons ervaar dat die allervreemdste oortuigings oor die Bybel en die evangelie deur leiersfigure op sentrale plekke in die kerklike lewe verkondig word.
Juis dít het die skrywer oortuig om ‘n diepgaande en geloofwaardige studie te maak van die verwarrende oortuigings wat oor die jare heen oor die Bybel en Jesus se lewe, sterwe en opstanding ontstaan die het en wat verkondig word en van die impak wat dit het evangelie van Jesus Christus waarin ons glo. ‘n Impak wat ons laat vra: Is die evangelie self dalk op die spel?
Adrio König skryf ondersoekend, objektief en eerlik oor:
- die heerlike rykdom van die hart van die evangelie: Jesus se lewe, kruis en opstanding;
- die betroubaarheid van die Bybel;
- teenstrydighede in die Bybel wat lyk of dit die betroubaarheid van die Bybel ondermyn;
- interne getuienis vir die historiese betroubaarheid van die Bybel;
- argumente van die radikale kritici oor die vraag wie Jesus “regtig” is; en
- die Skrifgebruik van radikale kritici om vas te stel wat hulle van die Bybel sal oorhou as hulle konsekwent met hulle standpunte sou
volhou.
En dan probeer hy ‘n sinvolle alternatief ontwikkel op liberale Skrifhantering en fundamentalisme, naamlik verantwoordelike kritiek, ‘n verantwoordelike kritiese teologie wat ons sal help om koers te hou sodat die evangelie van die verlossing deur Jesus Christus in totaal nuwe omstandighede mense steeds sal bereik en verander.
Die evangelie is op die spel is ‘n boek vir elkeen wat ingelig wil glo.


Reviews