Die Eerste Siklus

Skrywer: Etienne Leroux

Formaat: Groot Hardeband

Toestand: Baie Goed

R50.00

1 in stock

1 in stock

Die Eerste Siklus deur Etienne Leroux

Etienne Leroux se eerste trilogie bestaan uit Die eerste lewe van Colet (1955), Hilaria (1957) en Die mugu (1959) en verteenwoordig die eerste siklus van sy groot siklus-in-wording. In hierdie eerste samehangende geheel is die spore van buitelandse skrywers nog duidelik herkenbaar, maar ook ‘n onmiskenbaar oorspronklike skrywerskap wat met groeiende behendigheid ontwikkel word, is sigbaar.

Hierdie werke verteenwoordig ‘n jong skrywer se kreatiewe reaksie op die literêre tradisie, waarteen hy hom enigsins verset. As ontwikkelingsroman staan Die eerste lewe van Colet bv. in felle kontras met die sentimentele voorbeelde van hierdie genre uit die jare veertig, terwyl Die mugu die reisverhaal in Afrikaans vernuwe deur sy aansluiting by die Europese tradisie van die satiriese reisverhaal. Benewens die feit dat hierdie eerste siklus werke van gehalte bevat, is dit ‘n staalkaart van die temas, tegnieke en strukture wat Leroux se latere werke kenmerk en as sodanig verpligte leesstof vir enige persoon wat belangstel in een van ons grootste skrywers.

Reviews

Be the first to review “Die Eerste Siklus”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop