Desperate Huwelike deur Gary Chapman
Op jou troudag het jy die huwelik met hoë verwagtings ingegaan. Jy het gedroom dat jou huwelik besonder gelukkig gaan wees. Jy wou nooit hê dat dit so ellendig moet wees nie. Miljoene egpare kry swaar in ‘n huwelik waarvoor hulle geen hoop sien nie. Maar dit hoef nie so te wees nie. Dr. Gary Chapman skryf: “Ek glo dat in elke huwelik met probleme een of albei huweliksmaats positiewe stappe kan neem om die emosionele klimaat in die huwelik te verander.”
Lees Desperate huwelike, en vind uit hoe om:
- die mites wat jou gevange hou, te herken en te verwerp;
- jou maat se gedrag beter te verstaan;
- verantwoordelikheid vir jou eie gedagtes, gevoelens en optrede te aanvaar; en
- keuses te maak wat ‘n blywende, positiewe uitwerking op jou en jou maat kan hê.






Reviews