Daan Dreyer se blou geranium deur Derick B. van der Walt
Daan Dreyer voel soos ‘n has-been. Sy vrou het hom gelos en sy twee kinders rol hul oë vir sy musieksmaak en gee eenwoord-antwoorde op al sy vrae. By die werk gaan dit ook maar droewig – hy is na alles ‘n wit man van amper vyftig. Sy beste pel, Neels, se vrou gee vir hom ‘n blou geranium om sy donker woonstelletjie mee op te kikker. Maar wat Daan betref, gaan dit veel meer as ‘n malvaplant vat om hom weer aan die beweeg te kry.
‘n Fantastiese roman oor ‘n man op die rand van ‘n nuwe lewe. Verfrissend eerlik en baie, baie snaaks.


Reviews