Boude en Blaaie deur Pieter Pieterse
‘n Jagter het altyd tyd vir ‘n storie. Veral om ‘n bosveldvuurtjje as ‘n man die aandluggie geniepsig voel byt en jy die jakkalse tussen die mopanies hoor tjank. Maar as jy weet dis jóú vleisie wat daar op die kole sis – en die brêndie en kouk is nou nie skaars nie – dán is die stories eers volop. Jagstories, bosveldstories. En of dit nou n dertig nul ses is, of ‘n drie nul agt, dalk sommer ‘n punt poef poef – jou eie skietyster verdedig jy tot die dood toe as die manne syfers en ballistieke en slaankragte en ladings en kalibers begin rondgooi.
In Boude en Blaaie vertel Pieter Pieterse sy eie bosveldstories, ook van die manne wat wintertyd hulle kantoordeure in die stad agter hulle toetrek, vrou en kinders versaak, en die pad vat jagveld toe. En hy vertel van hom en die Ingilsman waar hulle in die koelte van die huilboerboon langs die Timbavatirivier hulle karavaantjie gaan staanmaak het.
“n Jagter raak hie klaar nie, ” sê die Batlokwa van Noord-Transvaal. En dit is so. ‘n Jagter bly vir altyd ‘n jagter, al jag hy nie meer nie. Diep in sy hart raak hy net nie klaar nie.
Soos Pieter Pielerse.


Reviews