Begin Inheems

Skrywer: Anneke Kearney

Formaat: Groot Sagteband

Toestand: Baie Goed

R30.00

1 in stock

1 in stock

Begin Inheems deur Anneke Kearney

Begin inheems gee ‘n vars, praktiese blik op inheemse tuinmaak, of jy nou geleidelik uitheemse plante met inheemses wil vervang, of van voor af wil begin en volledig op inheemse plante wil fokus. Hierdie boek is die resultaat van die skrywer se besef dat inheemse plante baie minder werk as uitheemses inhou, in die algemeen minder water nodig het, beslis byna geen chemiese kunsmis wil hê nie, geen insekdoders vereis nie, en heelwat minder kos omdat jy nie die plante in jou tuin kort-kort hoef te vervang nie. Dit sal jou oortuig dat inheemse plante allesbehalwe vervelig, kleurloos, stadiggroeiend en onnet is.

Elke plant in Begin inheems is spesiaal gekies omdat dit blom, soms besadig, maar meer dikwels flambojant, soos die Gloriosa superba wat op die boekomslag pryk. Benewens ‘n pragtige nabyfoto van elke plant in die boek, dikwels meer as een om blomme of vruggies te toon, bied dit jou algemene inligting oor grondvoorbereiding, voeding, voortplanting en instandhouding, gevolg deur ‘n volledige beskrywing van byna 100 plantspesies, van bome, struike en klimplante tot grondbedekkers, bolle, jaarplante en meerjariges.

Reviews

Be the first to review “Begin Inheems”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop