As jy kan hoop op more
R30.00
1 in stock
1 in stock
As jy kan hoop op more deur Kobie van Niekerk
Robyn Bruwer, ‘n kinderboekskryfster, koop ‘n huis op Emmasbaai, die klein vissersdorpie waar haar pa grootgeword het. Daar ontmoet sy vír Rudolf Vermeer. Hy is ‘n beroemde pianis wat ophou musiekmaak het omdat hy spierspasmas in sy hande kry. Robyn se lewenslus en humorsin gee betekenis aan Rudolf se skielik kleurlose bestaan en hulle word vriende. Hulle vriendskap groei en hulle besef dat hulle vir mekaar lief geword het.
Maar Rudolf was gewoond aan ‘n glanslewe. Robyn besef dat hy eintlik net op Emmasbaai is totdat sy hande herstel het. Dan sal hy terugkeer na die lewe waaraan hy gewoond was, en sy sal nie daarin pas nie. Boonop is daar sy gewese verloofde, Aricia Jordan, ‘n beeldskone, gesofistikeerde vrou – die soort wat die glanslewe van die beroemdes begryp en daarop floreer.
Dan breek die dag aan dat Aricia op Emmasbaai aanland. Wat sal Rudolf se reaksie wees? Wat sal die swaarste weeg: sy verbintenis met Aricia en die belofte van hernude roem, of Robyn se liefde en die vrede van Emmasbaai?


Reviews