As ek weer kon begin

Skrywer: Solly Ozrovech

Formaat: Groot Sagteband

Toestand: Baie Goed

R40.00

1 in stock

1 in stock

As ek weer kon begin deur Solly Ozrovech

Die lewe loop soms vreemde draaie met ons. Ons verstaan nie altyd waarom sekere dinge gebeur nie, maar soos Sőren Kierkegaard weet ons: “Die lewe kan alleen van die einde af verstaan word, maar dit moet van die begin af geleef word.”

As ek weer kon begin illustreer hierdie waarheid op merkwaardige wyse teen die agtergrond van beminde skrywer Solly Ozrovech se eie lewe. In 77 essays kyk hy terug oor sy lewe en kom tot die gevolgtrekking dat God werklik alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet. Hy deel gebeure uit sy levwe wat getuig van goeie en slegte tye, van swaarkry en seën, gebeure vol humor waarin soms’n tikkie hartseer deurskemer.

In die vorm van pittige, roerende, inspirerende vertellings gee hy ons ‘n kykie op sy kinderjare, studentejare, sy hoogte- en laagtepunte, sy liefdes, vrese en vreugdes. En met elke terugblik besin hy oor hoe hy sou geleef en opgetree het as hy die kans sou kry om weer te begin. Hierdie boek is ‘n feesmaal van vertellings wat lesers sal vermaak, verryk en voed. Solly Ozrovech besin op eg menslike wyse oor sy lewe, en elke leser kan identifiseer met die lief en leed wat hy deel.

Wanneer jy op die geheel terugkyk, sal jy hom onomwonde hoor sê: “As ek weer kon begin, Meester, loop maar volgens u wil dieselfde pad met my.”

Reviews

Be the first to review “As ek weer kon begin”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop