Aan die oorkant
R35.00
1 in stock
Aan die oorkant deur Kasha Potgieter
Lalie is ‘n enigmatiese vrou. Bedags boer sy op ‘n plaas met wye vlaktes en kliprantjies, saans woon sy in ‘n huis van blou ysterklip en sandsteen. Vaardig hanteer sy bok, perd, slang en bul. As die ore van ‘n bok syerig tussen haar vingers gly, of sy met ritmiese hale die lowergroen rivier klief, is sy in die natuur meer tuis as in die neutbruin arms van haar man, Willie, met sy groot hande en hoekige vingerpunte. Soos ‘n skip met ‘n onbeweeglike anker, is hy.
Wanneer Willie noodgedwonge moet gaan kontrakwerk doen, hou sy vrou-alleen die fort. Tog het Lalie die nag nodig; sy wil swem tot die sterre in die water skyn, tot die maan op is. Hierdie wildheid dryf haar oorkant die rivier, na Johan toe, in wie se oë sy die maan kan sien blink.
Maar die klaende stemme van die ooie, die stil aanklag van herkouende beeste, laat die skuldgevoel al dringender opklink. Totdat sy, met haar hand waterbessie se stam, versigtiger begin luister na die vloei van die warm sap onder haar palm.


Reviews