100 Ekonomiese Geregte deur An du Plessis
Stygende lewenskoste ruineer ook die kosbegroting. Dit is die werklikheid waarmee elke huisvrou te kampe het. Om te voorsien vir afwisseling op die daaglikse spyskaart, raak ‘n al hoe groter uitdaging.
Hierdie boek bied u ‘n versameling resepte waarmee hierdie probleem maklik te bowe gekom kan word. Doodgewone ekonomiese bestanddele word op interessante wyses gekombineer om smullekker geregte te berei. Die metodes is maklik en bondig genoeg sodat daar ook ekonomies met tyd omgegaan word. Elektrisiteitsverbruik is ook in gedagte gehou by die keuse van resepte.
Kortom: met dié resepte kan op meer as een wyse bespaar word terwyl die gesin steeds op heerlike en voedsame maaltye getrakteer word.


Reviews