Soutwaterhengel in Suid-Afrika

Skrywer: Hennie Crous

Formaat: Medium Sagteband

Toestand: Baie Goed

R45.00

1 in stock

1 in stock

Soutwaterhengel in Suid-Afrika deur Hennie Crous

Soutwaterhengel in Suid-Afrika – ‘n praktiese gids tot die hoe, wanneer en waar van hengel aan die Suid-Afrikaanse kus – is volledig hersien en bygewerk om die nuutste inligting omtrent soutwaterhengel in die streek te bied. Met die onervare hengelaar in gedagte, bied die eerste hoofstukke kundige raad oor die invloed van die natuur op die see en vislewe, die koop en instandhouding van hengelgerei, die maak van knope, lyne, en die uithaal van aas.

Daarna put die skrywer uit 30 jaar se ervaring in sy bespreking van rots- en strand-, getymonding-, kus- en diepseehengel, en verskaf hy besonderhede oor 20 gewilde visspesies asook noukeurige instruksies oor die visgerei en tegnieke wat gebruik kan word om hulle te vang. Dertien streekgidse, elk vergesel van ‘n kaart, bied inligting oor die beste hengelplekke aan die Suid-Afrikaanse kus.

Soutwaterhengel in Suid-Afrika is op ‘n gemaklike, vriendelike trant geskryf en bevat talle illustrasies. Dit bied nuttige wenke wat die onervare hengelaar sal help om sy eerste teikenspesie suksesvol te vang, en die meer ervare hengelaar se hengelvaardighede en vangtempo sal verbeter. Soutwaterhengel in Suid-Afrika is die ideale hengelmaat.

Reviews

Be the first to review “Soutwaterhengel in Suid-Afrika”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop