Die Groot Belofteboek

Formaat: Groot Hardeband

Toestand: Baie Goed

R60.00

1 in stock

1 in stock

Die Groot Belofteboek

Wat jy in jou hand hou, is ‘n boek vol betroubare troos. Dit is ń broodnodige boek .Daar is immers nie ń mens in hierdie wêreld wat nie by geleentheid behoefte het aan vertroosting en nuwe hoop van verskillende aard nie. Goedkoop troos is maklik genoeg beskikbaar: “Toe maar, môre skyn
die son weer.” Of: “Alles sal regkom, hou maar net moed.”

Sê wie? dink ons dan sinies. Hóé gaan dinge “regkom”? Op grond waarvan kan ek glo dat my son weer sal skyn? Ek is al te veel teleurgestel. Mense se beloftes beteken meestal niks.

Ja, mense se beloftes is feilbaar, want mense is feilbaar. Maar nie die beloftes in die Bybel nie. Want die Een wat agter dié beloftes staan, het Homself deur die geskiedenis bewys as absoluut betroubaar. God se woord is so goed soos ‘n daad.

Op sy beloftes kan jy reken.

Wat jy in hierdie boek vind, is ‘n versameling “Bybelbeloftes vir elke behoefte” gerieflik ingedeel onder alfabetiese temas vir maklike naslaan in jou besondere situasie. (Bv: “Wanneer arrogante mense jou verneder” of: “Wanneer jy groot besluite moet neem”.)
Vir die dieper delwers is daar nog veel méér. Die tweede helfte van die boek bied Bybelbeloftes en toeseggings ingedeel onder teologiese temas. Elk van die 366 belofteryke Skrifgedeeltes in hierdie afdeling – een vir elke dag van die jaar! – word toegelig met kort, kundige agtergrondinligting en kommentaar.

Reviews

Be the first to review “Die Groot Belofteboek”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop