Huweliksklokkies
R20.00
1 in stock
Huweliksklokkies deur Helena Hugo
Anton Keyser se oë is vergeet-my-nie-blou. Maar diep binne-in skuil daar ‘n donker onweer wat Carma so goed in haarself leer ken het en die afgelope maande te veel vertroetel het.
Sy wil wegkom van hartseer, weer lewe en liefhê en haar drome verwesenlik. En een van hulle is ‘n Harley-Davidson. Maar spoed en ‘n blink motorfiets is nie al wat sy begeer nie. Sy soek iemand wat haar droom met haar kan deel, iemand soos Anton wat ook al ‘n Harley gery het. Maar hy het sy dogtertjies om hom te troos.
Dan kry Carma ‘n baie besonderse klokkie present…


Reviews