Wie is Gottlieb?

Skrywer: Johann Britz

Formaat: Medium Sagteband

Toestand: Baie Goed

R35.00

1 in stock

1 in stock

Wie is Gottlieb? deur Johann Britz

Dit is die tergende vraag wat telkens opduik in dié bundel wat hoofsaaklik handel oor mense wat die skrywer se pad tydens ‘n loopbaan van bykans 45 jaar in die koerantwese, radio en TV gekruis het.

Die skrywer hou die leser voortdurend aan die raai oor wie Gottlieb is in ‘n versameling boeiende en soms aangrypende verhale en vertellings. Bekende voormalige staatshoofde, internasionale gesagsfigure en selfs ‘n ruimtevaarder tel onder diegene wat een spektrum van die vertellings dek. Aan die ander kant is daar verhale van en oor gewone mense met uitsonderlike stories, soos die Dierefluisteraar van Otjiruse en die spookgedaante in die woestyn.

Die leser maak kennis met die leefwyse van die nomadiese Himba’s van Kaoland en beleef saam met die skrywer die Bosoorlog soos hy dit ervaar het tydens Namibië se onafhanklikheidsproses, waaroor hy ook in diepte verslag gedoen het. Dit sluit ‘n aantal gedigte in wat die skrywer se vaste geloof, asook sy liefde vir die natuur en sy medemens uitbeeld. Die bundel sluit af met ‘n besielende en aangrypende getuienis oor ‘n ontmoeting met die Skepper wat die skrywer beleef het.

Die leser word gedaag om enduit te lees ten einde uit te vind Wie is Gottlieb? Gewis ‘n boek vir lesers in alle ouderdomsgroepe.

Reviews

Be the first to review “Wie is Gottlieb?”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop