Samba deur Jeanne Els
Die kitaar harmonieer. ‘n Viool sleur mee. Dromme staccato-dreun. Jou voete vlieg in pas en jou arms vlerk saam. Jy skop hoog en die polsslag van menswees bruis deur jou are.
Dans is ‘n belangrike tema in Jeanne Els se skryfwerk, soos ons gesien het in haar boeke Ligdans en Tango. In Samba neem sy die leser op wêreldreise en binnetogte; sy vertel van plekke wat sy gesien het, ervarings wat sy gehad het en mense wat sy ontmoet het. Sy skryf oor reise na plekke soos Buenos Aires en Peru, oor vriendskap, ma-wees, die ouderdom en die belewenis van Oberammergau se passiespel. Soos altyd wys Jeanne dat ‘n mens te midde van teëspoed en uitdagings kán dans.


Reviews