Lente van ’66

Skrywer: Frits Gaum

Formaat: Medium Sagteband

Toestand: Baie Goed

R45.00

1 in stock

1 in stock

Lente van ’66 deur Frits Gaum

1966 was ‘n keerpuntjaar vir Suid-Afrika. Die Springbokkrieketspan, soos hulle toe nog genoem is, het die eerste keer in 64 jaar op eie bodem ‘n toets teen Australië gewen. Distrik Ses is tot witmensgebied verklaar. Bram Fischer is lewenslank tronk toe gestuur. En Hendrik Frensch Verwoerd is vermoor.

Maar sê nou net … Sê nou net alles het nie só gebeur nie. Sê nou net Verwoerd het die aanslag op sy lewe oorleef.

Hierdie roman verken die impak van groot historiese gebeure op die lewe van gewone mense. Dit vertel van mense wat uitgelewer is aan ‘n orde waaraan hulle min kan verander. Dit soek na ‘n genadige God. Dit protesteer teen onreg. Dit sê dat ‘n mens gister en eergister moet verstaan om sin te maak van vandag. Dit Wonder: sê nou net …

Dis ‘n verhaal van werklike en verbeelde geskiedenis wat jou aandag gevange hou tot by die onvermydelike, en tog onverwagse, slot.

Reviews

Be the first to review “Lente van ’66”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop