Grense in die huwelik

Skrywer: Henry Cloud, John Townsend

Formaat: Medium Sagteband

Toestand: Baie Goed, highlighter op die eerste paar bladsye.

R35.00

1 in stock

1 in stock

Grense in die huwelik deur Henry Cloud en John Townsend

Twee individue moet een vlees word.

Jy en jou maat kan julself net vrylik en liefderyk aan mekaar gee as julle mekaar se behoeftes, keuses en vryheid ken en respekteer. Grense in die huwelik gee jou die nodige werktuie daarvoor. Drr Henry Cloud en John Townsend, beraders en skrywers van die bekroonde topverkoper Grense, wys jou:

  • Waarom grense en die “Tien wette van grense” vir ‘n gesonde, produktiewe huwelik noodsaaklik is.
  • Hoe waardes die struktuur en argitektuur van die huwelik uitmaak.
  • Hoe om ‘n huwelik teen indringers te beskerm – sy dit ander mense of persoonlike droombeelde.
  • Waarom elke gade persoonlike grense moet skep, en hoe om dit te doen.
  • Hoe om te werk met ‘n gade wat grense verstaan en waardeer en met een wat grense nie verstaan en waardeer nie.
  • Grense in die huwelik help jou om die wrywingspunte of ernstige seerkry en verraad in jou huwelik te verstaan, en daarbuite te beweeg na die onderlinge sorgsaamheid, respek, bevestiging en intiemheid wat julle albei graag wil hê.

Reviews

Be the first to review “Grense in die huwelik”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop