100 Koekresepte deur Shelley Bolton
Groot koeke is altyd ‘n treffer – op die teetafel, by basaars of sommer net in die koekblik om die gesin te bederf.
In dié boek het Shelley Bolton honderd koekresepte wat haar gunstelinge is, byeengebring van ou treffers soos sjokoladekoek, wortelkoek en chiffonkoek tot ongewone heerlikhede soos dadelkoek met fudgebolaag en appel-speserykoek. Soek u na onfeilbare resepte vir tradisionele vrugtekoek, sponskoek, botterkoek, koekbroodjies en rolkoek, sal u dit vind. Is u gretig om iets nuuts te beproef, is daar ook talle resepte om van te kies. Daar is ‘n afdeling vir kitskoeke vir diegene wat vinnig bestanddele bymekaar wil roer, asook langer en meer gekompliseerde resepte met spoggerige en ongewone eindresultate.
Dit is voorwaar ‘n boek wat onmisbaar gaan word in die kombuis van elkeen wat hou van koek bak!


Reviews