Van aangesig tot aangesig

Skrywer: Solly Ozrovech

Formaat: Groot Hardeband

Toestand: Baie Goed

R35.00

1 in stock

1 in stock

Van aangesig tot aangesig deur Solly Ozrovech

By die Jabbokrivier het Jakob vir ‘n hele nag met God geworstel in gebed. Selfs al het hy daarvan afgekom met ‘n ontwrigte heup, het hy nogtans die seën ontvang wat hy van God afgesmeek het. Jakob het die plek Pniël genoem en gesê: “Ek het God van aangesig tot aangesig gesien” (vgl. Gen. 32:30). Hierdie voorval illustreer vir ons die dringende noodsaaklikheid van ‘n toegewyde gebedslewe.

Van aangesig tot aangesig is ‘n eenjaar-gebedsjoernaal wat jou gebedslewe met nuwe betekenis sal vul. Dit moedig tweerigtingkommunikasie met God aan en sal jou laat besef: wanneer God praat, moet jy luister, en wanneer jy luister, sal jy hoor hoe God met jou praat. Die joernaal fokus op gebede uit die Bybel wat ondersteun word deur ‘n kragtige oordenking vir elke dag van die jaar. Elke bladsy bied ook ruimte vir jou eie gedagtes, gebede en gesprekke met God.

Van aangesig tot aangesig is ‘n gebedsjoernaal in die vorm van daaglikse oordenkings wat jou ‘n dinamiese, gedissiplineerde en geseënde gebedslewe sal laat ervaar.

Reviews

Be the first to review “Van aangesig tot aangesig”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop