My God by wie ek skuil deur Hennie Maartens
In tye waar angs en anargie, moord en magteloosheid, werkloosheid en wanhoop aan die orde van die dag is, kom mens onwillekeurig te staan voor die vraag: ‘Waar is God in sulke tye?’
Alle vrae omtrent God lei na Wie God werklik is. In die Skrif ontdek ons die duiselingwekkende grootheid en deernisvolle goedheid van God. Dat Hy, die Almagtige, só by en in ons is, laat ons sprakeloos. Sy Alomteenwoordigheid is ‘n bron van troos; sy liefdevolle Vaderskap is ‘n ewige teenwoordigheid by dié wat Hom liefhet en dien.
Die onthulling van die eienskappe van God in en deur die Skrif laat ons in verwondering uitroep: ‘Waar is daar ‘n God soos ons God!’ By Hom is ons geborge, veilig en getroos. In Hom word ons ryklik voorsien van alles wat ons nodig het. So ‘n God verdien ons aanbidding, vertroue en bewondering.
Ons kan in volle geloofsvertroue, sonder ‘n skaduwee van twyfel, saam met Dawid getuig: ‘My God, my rots, by wie ek skuil.’


Reviews