Lied vir die lewe deur Carike Keuzenkamp, Danie Botha, Nianell en ander
Musiek is ‘n geskenk van God om die hart van mense aan te raak … soms met opwinding, soms met ellende, soms met hartstog, soms met gebrokenheid, soms met blydskap, soms met weemoed. ‘n Melodie, ‘n paar onvergeetlike woorde ontlok emosies en herinneringe. Maar wie weet waar ‘n lied vandaan kom, wat het iemand ‘n liriek laat skryf, ‘n melodie in ‘n sanger se hart laat kom lê?
In lied vir die lewe maak veertig van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars hulle skrywershart oop en vertel die storie agter die ontstaan van hulle liedjies wat die lewe in musieknote en lirieke vasvang.


Reviews