Wind uit die Ooste deur Ruth Hunt
Slegs iemand wat van aangesig tot aangesig met die dood was, kan werklik dankbaar wees vir elke nuwe dag, maak nie saak hoeveel lyding dit mag bring nie.
So praat Maria Linke, ‘n vrou wat nege jaar se gevangenskap in die strafkampe en tronke van Stalín Rusland na die Tweede Wêreldoorlog oorleef het. Die buitengewone omstandighede van Maria se lewe maak die boek so boeiend en uniek. Die bekoorlike portret van haar kinderjarë wat sy deurgebring het op die walle van die Wolgarivier as die dogter van ‘n welgestelde Duitse nyweraar voor die Revolusie, die tragedie om verban te word na Siberië en die lewe daar tussen die nomadiese stamme, hulle vlug uit ‘n brandende Kosakkedorpie en ontsnappingstog na Duitsland gedurende die Russiese Revolusie…die Tweede Wereldoorlog en haar werk as ‘n tolk in die werkkampe van Duitsland…haar gevangeneming vír spioenasie deur die oprukkende Russiese lers die berugte Waldheimverhore, en bowe-al ‘n raar sin vír humor waarmee sy die komiese kon geniet, selfs in die mees haglike omstandighede.
Wind uit die Ooste İs ‘n treffende boek. Histories gesproke dek dit ‘n wye veld. Geestelik laat dit ‘n onvergeetlike indruk,


Reviews