Eggo’s deur Vita du Preez
Stilbly en doen wat jou man sê, al vertrap hy jou.
Dit is hoe Bea haar huwelik staande hou want onderdanigheid is ‘n vrou se plig. Die huweliksbelofte wat sy afgelê het, weeg swaarder as haar man se bombasme, sy liefdeloosheid, sy ontrou en kortsigtige strewe na ‘n seun – ‘n dogter is nou eenmaal nie ‘n seun nie.
Ingrypende gebeure in haar lewe laat haar besef ‘n huwelik is veel meer as ‘n belofte. Dit vra veral van ‘n vrou selfrespek en selfvergifnis om ‘n waardige vrou te wees.
Die eggo’s in so ‘n vrou se lewe kring wyd uit. Haar dogter dink dit is maar hoe dit tussen man en vrou moet wees en haar verhouding word ‘n weerklank van hoe dit nie moet wees nie. Sonder dat Bea dit besef het, ly al die vroue in so ‘n huis op die lange duur onder die man van die huis en gaan hulle stemme verlore want die sondes van die vaders word oorgedra na die derde en die vierde geslag.
Om ‘n einde daaraan te bring verg moed.


Reviews