Bestemmings

Skrywer: Marita van der Vyver

Formaat: Medium Sagteband

Toestand: Baie goed

R50.00

1 in stock

1 in stock

Bestemmings deur Marita van der Vyver

Bestemmings bekoor met sprankelende, sexy stories. Ontmoet minsame karakters en swerf saam op hulle avontuurlike reise.

Die smulpaapvakansie van ‘n leeftyd verander in ‘n nagmerrie toe Louise Tredoux snap dat sy nou waaragtig aan die verkeerde kant van veertig beland het. Want vir dië reis sou sy tog ‘n mansvriend verkies. Nie noodwendig ‘n bedmaat nie, sy sou tevrede wees met bloot ‘n tafelmaat. Maar op vyf en veertig lê sy stoksielalleen in ‘n hotelkarner in Avignon wat soos ‘n foto in ‘n glanstydskrif lyk. Sy stry teen ‘n verterende verlatenlieid terwyl sy soos ‘n rolprentster op beroemde promenades wandel. Haar trane steek sy weg agter ‘n byderwetse sonbril.

Elke mens het ‘n droomlandskap. Marlene s’n was nog altyd die hoë Toskaanse lug, blouer en wyer as haar man se oë wat haar nie meer kan troos nie. Hulle bestemming is ‘n kothuis in Siëna waarheen hulle vir ‘n broodnodige gesinsvakansie vlug wanneer hul uitgekalwerde verhouding ernstige tekens van verval begin toon Op haar sterfbed hunker Kathleen terug na haar jeug, na drie nagte van sensuele oorgawe vandat sy geskrik en voet in die wind geslaan het — terug na die veiligheid, verveligheid en voorspelbaarheid van haar huwelik met ‘n man van min woorde.

As Michelle se bagasie nie op pad na Frankryk weggeraak het nie, sou haar romantiese vakansie in Parys dalk anders verloop het. Nee, dink sy terwyl sy Johan se oë oor haar rug, haar boude en bene voel streel. Gretig versnel sy haar pas om onder sy waarderende blik uit te kom. Sy kan nie haar bagasie blameer nie. Dis net een van daai dinge.

Reviews

Be the first to review “Bestemmings”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop