Drome in ‘n bottel deur Penelope J. Stokes
In die gedempte stilte van die Camerons se stowweríge solder neem die vier vriendinne, met hul drome in ‘n kobaltblou bottel vasgevang, mekaar se hande en reik na die onbekende uít.
Ons vertrou ons drome aan die toekoms toe, s Letitia saggies. “Aan die toekoms”, herhaal die ander.
Letitia droom daarvan om met haar groot skoollietde te trou. Mary Love wil graag n beroemde kunstenaar word. Ryk Eleanor streef daarna om as maatskaplike werker mense in nood te help. Adora, die dominee se dogter, wil ‘n Hollywood-ster word.
Sal die vervulling van hul drome hulle geluk bring? Of sal hulle uit hul drome ontwaak om te vìnd dat hul lewenspaadjies bestemmings insluit wat hulle in hul wildste drome nie kon voorsien nie?


Reviews