Die Skrywer

Skrywer: Esta Steyn

Formaat: Medium Sagteband

Toestand: Baie Goed

R50.00

1 in stock

1 in stock

Die Skrywer deur Esta Steyn

Op ‘n stil aand, in ‘n herehuis langs ‘n meer, dans ‘n jong vrou in ‘n verruklike rooi aandrok met haar werkgewer, Arthur Addington befoeterde, eens beroemde Amerikaanse draaiboekskrywer en onbeminde eienaar van die Addington-landgoed.

Nooit sou Arthur, worstelend met skrywersblok en wroegend oor die dood van sy vrou en kind, kon raai dat sy stralende dansmaat soveel geheime ronddra nie. Dat Anabella Maria Bennett, kortom Ben, g’n huishoudster is nie, maar ‘n joernalis en ‘n sendelingdogter uit Afrika. Dat hy haar lank gelede dáár ontmoet het . . .

Daar is ‘n somber rede waarom Ben haar hart nie blootlê nie, maar eerder saans haar eie verhaal skryf: van die Swahili-wiegelied wat haar kleintyd getroos het, die wyse Kepo wat haar leer boogskiet het, van Paka, haar grootmaakleeu, en van haar en Kepo en dokter Catherine Dumay se ylingse vlug na Bulungwi . . . Slegs Jameson, opsigter by Addington, en sy “Lucy-lief” begryp. Hulle word haar vertrouelinge en wakende engele.

Wanneer Arthur gehawend terugkeer ná ‘n reis deur Afrika, vind hy in sy lessenaar ‘n manuskrip wat sy lewe sal verander en hom sy skeppende krag teruggee: Anabella se Afrika-testament.

Die Skrywer is ‘n aangrypende, eg menslike verhaal met dramatiese Afrika-uitlopers. Met groot deernis maar ook met salwende humor deur Esta Steyn geskep

Reviews

Be the first to review “Die Skrywer”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop