Hulle Wat Agterbly 9: Die Ontheiliging

Skrywer: Jerry B. Jenkins en Tim LaHaye

Formaat: Medium Sagteband

Toestand: Baie Goed

R45.00

3 in stock

3 in stock

Hulle Wat Agterbly 9: Die Ontheiliging deur Jerry B. Jenkins en Tim LaHaye

Rayford Steele en sy saamgeflanste span vlieende rebelle, wat in groot getalle van reg oor die hele wereld aangekom het, maak hulle gereed om op te tree as reddingsagente vir God se uitverkore mense. Onder leiding van die saggeaarde Chaim Rosenzweig moet gelowiges in Jerusalem vlug of die lojaliteitsmerk aanvaar.

Sy Eksellensie Wereldgemeenskap-potentaat Nicolae Carpanthia, wat nie langer voorgee dat hy ‘n voorstander is van wereldvrede nie, het opdrag gegee dat elke Moraalmonitor gewapen moet wees terwyl hy voorberei vir sy reis al langs die Via dolorosa tot by die tempel waar skokkende verassings wag, Skares wat lojaal is aan Carpathia trek op om hulle potentaat te sien en is gretig om die merk in sy teenwoordigheid te aanvaar.

Buck Williams, onseker oor Chaim se leierskapsvermoe, wonder of hy nie beheer moet oorneem nie. Chloe Steele Williams is bekommerd oor Buck se veiligheid en besluit om volgens haar hartsbegeerte weer betrokke te raak. Tsion Ben-Judah berei hom voor vir sy reis om medegelowiges in Petra te ontmoet. Intussen worstel Rayford met die idee om wapens te gebruik om die gelowiges teen die WG te beskerm.

Die streep is getrek tussen die goeie en die bose wanneer God besluit om die oordeel van die eerste bak uit te giet oor die vlees van diegene wat die merk aanvaar het. En op die vooraand van Armageddon vlug die uitverkorenes na die woestyn.

Reviews

Be the first to review “Hulle Wat Agterbly 9: Die Ontheiliging”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop