Die Mezzanine Klub deur Erika Murray-Theron
Wanneer sy sieklike pa doodgaan, staan Walter, ongetroud en kinderloos, alleen. Niemand voor hom nie en niemand agter hom nie. Om hom is ouers en kinders deur liefde en weerstand ingeweef in ‘n ryk geskakeerde stuk lewe van gewone hedendaagse stedelinge. Sy portuurs, die mezzanine-klub, is mense in ‘n tussentyd. Hulle is jonk genoeg om alles te hoop; oud genoeg om alles te verdra.
Onder hierdie fiftysometbings is daar Susie. Walter se mede-pottebakker. Weduwee. Mooi. En, ten spyte van haar lank verworwe selfstandigheid, geseën met dié verlange wat elke mens na ‘n ander laat reik.


Reviews