Naby genoeg om God se hartklop te hoor deur Greg Paul
Kink die idee van intimiteit met God in jou alledaagse lewe vir jou verhesog en irrelevant? Het jy al ooit gewonder of jou eie ‘klein storie’ belangrik is in die groter prentjie en hoekom God se Woord nie regtig met jou praat nie?
Ons is soms skuldig daaraan om na God te soek tydens groot gebeurtenisse in ons lewens – lewensveranderende ervarings. In Naby genoeg om God se hartklop te hoor herinner Greg Paul ons daaraan dat God teenwoordig is in daaglikse gebeure en situasies, selfs in daardie oomblikke wat ons nie dink die moeite werd is om met ander te deel nie. Deur pragtige prosa, kragtige stories en vindingryke hulpmiddels dra hy die boodskap oor dat God sedert die begin van tyd die mensdom met ope arms uitnooi om deel te wees van sy koninkryk – ieder en elke een.
Naby genoeg om God se hartklop te hoor verseker jou dat ‘n intieme, liefdevolle verhouding met God jou ware vreugde sal bring, tesame met vrede, hoop en krag wat nodig is om die sout en lig van die aarde te wees. As jy dít ervaar, sal jy Hom hoor fluister: ‘Jy is my kind, Ek het jou lief en jy maak My gelukkig.’


Reviews