Kwelvrae wat gelowiges pla deur Jan van der Walt
Gelowiges voel dikwels dat hulle antwoorde moet hê op vrae wat aan hulle adres gerig word; dat hulle hoegenaamd nie óók mag wonder oor dinge nie. Die waarheid is egter dat daar baie dinge is waaroor mense wonder. Sake soos egskeiding, selfmoord, voetewas, mans en vroue se rol in die kerk, finansies en materiële besittings, seksualiteit, die dood, die duiwel, grondhervorming, die hemel, erfsondes – noem maar op.
88 kwelvrae wat gelowiges pla is ‘n bundel saamgestel uit vrae wat gewone mense op www.bybelkennis.co.za gevra het. Hierdie vrae is beantwoord deur van Suid-Afrika se voorste teoloë en Christenskrywers. Soms sal die antwoorde jou verras, ander kere sal jy aan ou waarhede herinner word, en soms sal ‘n heel nuwe perspektief vir jou oopgaan.


Reviews