Die avontuur van ouerskap deur Mandi Hart
Om ‘n kind groot te maak, is die belangrikste taak wat jy ooit sal hê, maar met so baie moets en moenies, teenstrydige inligting van kenners en die druk van ons moderne samelewing, kan dit soos ‘n onbegonne taak voel.
Mandi Hart neem jou aan die hand en wys jou die pad op hierdie ongelooflike Godgegewe reis. Die avontuur van ouerskap is ‘n hedendaagse gids vanuit ‘n Bybelse perspektief. Dit sal jou help om te besef dat ouerskap gaan oor wie jy is, nie wat jy is nie. Deur middel van praktiese raad, insiggewende Skrifverwysings, inspirerende stories van dwarsoor die wêreld en nuttige besprekingsvrae aan die einde van elke hoofstuk, stuur dié boek jou deur die volgende belangrike temas:
- Die rol wat kultuur speel
- Leer jou kind waardes
- Die vlakke van ontwikkeling
- Dissipline
- Hoe om vir jou kind te bid
- Doelbewuste ouerskap
Dit maak nie saak of jy ‘n nuwe ouer is, of jy wag op jou bondeltjie vreugde, en of jy ‘n beter ouer wil wees vir jou reeds ouer kinders nie, Die avontuur van ouerskap sal jou van die gereedskap voorsien om ‘n sterk verhouding met hulle te bou wat geanker is in jou geloof.


Reviews