Patio’s vir Suid-Afrika

Skrywer: Keith Kirsten en Owen A. Reid

Formaat: Groot Hardeband

Toestand: Baie Goed

R35.00

1 in stock

1 in stock

Patio’s vir Suid-Afrika deur Keith Kirsten en Owen A. Reid

Die patio is deesdae een van die belangrikste “vertrekke” in talle huise, en in hierdie boek het Keith Kirsten en Owen Reid hul talente saamgespan om te wys hoe dit ook een van die mooiste kan wees.

Indien jy die patio as ‘n onafskeidbare deel van jou huis beskou, is Patio’s vir Suid-Afrika ‘n inspirerende bron van idees. Met die regte materiale, kleure en teksture kan jy ‘n kuierplekkie skep wat terdeë geniet kan word – ‘n patio wat nie net heeljaar propvol verskeidenheid en kleur is nie, maar ook maklik is om in stand te hou. Teen minimale koste kan jy ‘n bestaande patio omtower, of van nuuts af begin en vir jou ‘n blomryke paradys of ‘n koel, lowerryke rusplekkie maak.

Ontwerp, vloere, plafonne en mure word behandel, asook instandhouding, versiering, meubels, verligting, waterfokuspunte, uitkykhuisies en braaiplekke, en natuurlik ook plante vir elke moontlike ligging. Puik kleurfoto’s van pragtige patio’s en plante verskyn regdeur die boek.

Patio’s vir Suid-Afrika is die vyfde boek waaraan dié bobaas-tuiniers saamwerk. Saam het hulle oor die 50 jaar ondervinding in die tuinbou- sowel as die kommunikasiebedryf. Keith, ‘n bekende TV- en radio-persoonlikheid, skryf ook gereelde rubrieke vir koerante en tydskrifte en is die eienaar van vier toonaangewende tuinsentrums in Suid-Afrika.

Owen was ‘n joernalis met 25 jaar ondervinding by Britse en Suid-Afrikaanse koerante toe hy hom by Keith se tuinsentrumondernemings aangesluit het. Die vennootskap het 10 jaar geduur. Hy skryf tans voltyds tuinboeke; Van tuin tot vaas is deur hom geskryf, asook die vyf boeke waarvan Keith die medeskrywer was. Daarbenewens is hy ook ‘n bekende rubriekskrywer vir koerante en tydskrifte, en sy stem word dikwels oor die radio gehoor.

Reviews

Be the first to review “Patio’s vir Suid-Afrika”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop