Charlize: Ek leef my droom

Skrywer: Chris Karsten

Formaat: Groot Sagteband

Toestand: Baie Goed

R50.00

1 in stock

1 in stock

Charlize: Ek leef my droom deur Chris Karsten

Die geheim van Charlize Theron se ongelooflike sukses word hier vir die eerste keer vertel, met feite wat nog nooit voorheen beskikbaar was nie. Haar geloof en vertroue in haarself, die verbete manier waarop sy aan haar droom vasklou, haar passie vir wat sy doen: dit alles word duidelik in hierdie merkwaardige verhaal. Haar klinkende sukses verberg die hartseer van haar kinderjare. Sy dans, sy dagdroom, sy fantaseer, sy vermaak mense en sy ontsnap van ‘n onaangename gesinslewe in die beskermende donkerte van die flieks. Ná haar pa se dood maak fantasie plek vir die werklikheid: nou móét sy haar droom aangryp en dit gaan uitleef.

Op die vooraand van veertig hou die indrukwekkende omvang van haar repertoire Charlize se posisie in Hollywood stewig, haar horison steeds helder en oop soos die Afrikahemel.

Hierdie biografie gee insig in die lewe en loopbaan van iemand wat haar en haar ma en haar vriende se privaatheid as heilig beskou.

Reviews

Be the first to review “Charlize: Ek leef my droom”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop