Liefdesles vir Lynelle deur Susan Olivier
As Helgard Jordaan weet wat sy as werknemer by sy farmaseutiese maatskappy doen, sal hy haar verag, verwerp, dalk nog krimineel laat vervolg Was hy maar arrogant en gevoelloos. Maar Helgard is gaaf en goed en selfs verlief op haar.
Intussen bedrieg Lynelle hom, draai hom ‘n rat voor die oë, bewerkstellig sy ondergang. Sy’s nie in werklikheid ‘n ontvangsdame nie, maar dié Lynelle Thom, bekend vir haar briljante farmaseutiese navorsing. En sy werk by Helgard se maatskappy as ontvangsdame, met een doel voor oë – om ‘n geheime formule vir die man te steel wat haar broer se lewe in sy hand hou
En sy het nog altyd haar broer beskerm.


Reviews