Satynprinses deur Rykie Roux
Niene O’Kelly haat haar voorkoms. Haar moontlike erfporsie nog meer. Sy wil nie die beeldskone ertgenaam van haar ouma se kosmetiekryk wees nie. In Botswana, waar sy toeriste in ‘n vliegtuigie rondneem, is sy veilig, ken niemand haar verlede nie. Vlieg is haar lewe.
Dis hier waar Brink Viljoen haar kom haal. Haar in ‘n rigting manipuleer. Om vrede met haar ouma te maak. Dalk ook haar kans om vrede met haar verlede te maak. Met haarsélf …
Maar Brink dink met sy beursie, weet sy. Hy’t bybedoelings. Sy’s ontuis in O’Kelly’s se gange, haar hart onveilig by Brink. Sy moet weerstand bied, veg, sy weet net nie mooi hoe nie.


Reviews