Die legende van Winter Hawk deur Aimee Thurlo
Daar is towerkrag in die veiligheid van sy arms…
Toe Holly Gates tydens ‘n sneeustorm in ‘n hut in NieuMexiko moet skuil, is sy bly Daniel Hawk is by haar. Die vreeslose Navajo-veiligheidsekspert het ‘n eed gesweer dat hy haar teen ‘n meedoënlose moordenaar sal beskerm. Daniel, wat die toonbeeld van tradisionele Indiaan sowel as sexy Amerikaanse man is, hou egter ‘n nóg groter gevaar vir Holly in. Sy raak halsoorkop verlief op hom en sy weet dit kan net tot hartseer lei.
Holly weet Daniel is getrou aan sy Navajo-tradisies. Anders as sy begeer hy nie ‘n huis en ‘n gesin nie. Nes die valk is sy vryheid al wat vir hom van belang is. Terwyl hulle om hulle lewe veg, ontwaak Holly se veggees en lê sy dapperheid en moed aan die dag. Sy swig egter voor Daniel se onweerstaanbare hartstog.
Dalk gaan hy tog nie haar hart breek as hy haar net ‘n laaste keer kan red nie…


Reviews