Ontsluit die poorte van die hemel deur Perry Stone
Voel jou gebede, lofprysing en aanbidding soms soos ‘n roetine? Gaan daar weke of maande verby sonder enige teken van finansiële, geestelike of persoonlike deurbraak in jou lewe?
Indien jy ja geantwoord het op hierdie vrae, maak jy moontlik deel uit van baie Christene wat as bolangse aanbidders gesond voorkom, maar wat ‘n knaende, innerlike leegte inhul gebedslewe het. Die wêreldbekende evangelis, Perry Stone, verklaar in Ontsluit die poorte van die hemel dat hy ná 35 jaar voltyds in die bediening ontdek het dat dit werklik moontlik is om gebede te bid wat deur mense in dieselfde kerkbank gehoor word, maar nie in die hemel gehoor word nie!
In sommige gevalle word die gebede ‘n stelselmatige ritueel wat die gewer daarvan goed laat voel oor homself, maar wat uiteindelik uitloop op frustrasie. Stone ondersoek die krag van gebed volledig en neem jou op ‘n reis om te ontdek hoe om onder die guns van God in te stap. Met kragtige voorbeelde uit die lewens van Bybelkarakters, onthul hy:
- Die vyf poorte van die Heilige Gees
- Sewe geestelike wette vir die beantwoording van gebed
- Gebed deur die stryd van die Eersgeborene
- Wat om te doen as jy nie weet hoe om te bid nie
- Die krag van goddelike meditasie
- Die mag van die gesproke woord
Ontsluit die poorte van die hemel is ‘n nuttige gids oor gebed en sal jou leer om in sy guns en seën te wandel. God beantwoord dalk nie altyd ons gebede nie, maar Hy is altyd beskikbaar om na ons behoeftes te luister.


Reviews