Winterdroom deur Alma Carstens
Simoné kry ‘n renons in Tristan toe hy ‘n taxi in New York voor haar neus wegraap. Nou is hy haar pasiënt en wil haar sommer uitneem ook. Vir die lyflike sien sy kans en begeer dit selfs, maar haar hart sal sy beslis nie weer op ‘n man verloor nie.
Maar so meedoënloos soos wat Tristan op die rugbyveld was, net so tree hy op om haar toegeneentheid te kry. Hy stem ook in tot haar baie vreemde ooreenkoms rakende hulle verhouding.
Hoewel hulle die ooreenkoms nakom, raak dit vir albei ‘n probleem toe hulle mekaar liefkry en toe Tristan ‘n ultimatum aan Simoné stel, moet sy die belangrikste besluit van haar lewe neem.


Reviews