Romanza 3 in 1
Diamant uit Afrika deur Jacolet van den Berg
Matilda het die ekspedisie na Angola se diamantmyne haarfyn uitgewerk. Niks sou verkeerd gaan nie. Totdat rebelle hulle ontvoer en die enigmatiese Roald Young nog boonop haar hart én lewe omverwerp.
Teken van sy liefde deur Ida Bester
In die woestyn verloor Ezanne vir die eerste keer haar hart op ‘n man saam met wie sy navorsing doen. Maar terwyl hy ylend van koors is, sê hy ‘n ander vrou se naam …
Op mekaar aangewese deur Elsa Drotsky
Kirsten se erflating is nie sonder ‘n prys nie: ‘n Aangetroude familielid moet toesig hou oor haar sake. En sy verstaan nie hoekom sy al hoe meer uitsien na sy ongewenste besoeke nie


Reviews