Ena Murray Omnibus 28
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Groot Sagteband
Toestand: Baie Goed
R50.00
Out of stock
Out of stock
Tromme van onheil
Anka het nooit kon raai watter avonture haar besoek aan haar tante Izabelle in Papoea-Nieu-Guinee sou inhou nie. Eers moet sy voorgee sy is tante Izabelle se stiefseun, Cristo, se nuwe vrou, en dan moet sy nog die onbeskofte lummel vergesel op ‘n “studiereis” al dieper die reënwoude in. En dit saam met Cristo se baie jaloerse eks-verloofde, dr. Verona Morton.
Dit word gou duidelik daar is meer as een slang in die gras. Vir Anka lyk dit asof nie één van haar medereisgenote die lewensgevaarlike tog aangepak het om navorsing te doen oor primitiewe kannibaalstamme nie. Cristo is eintlik op soek na sy boesemvriend en stiefbroer, Laurence, wat twee jaar tevore spoorloos in die reënwoude verdwyn het, terwyl Verona agterlangs met die draers, Tom en Barney, geheime planne beraam. En boonop flankeer sy openlik met Cristo!
Soos die groen mure van die oerwoud al digter om hulle sluit, weerklink die eggo’s van tromme luider en dringender. Een van die dae is dit weer volmaan, en die kannibale eis ‘n slagoffer. Hulle is volkome afgesny van die beskawing, en een van hulle sál sterf…
Die wit koningin
Die mooie Alice skenk op 16-jarige ouderdom die lewe aan ‘n dogtertjie in ‘n herehuis kaalgestroop van aardse besittings. Haar man, lord Wycliffe, beroof haar van haar erfporsie en behandel haar slegter as ‘n dienskneg. En dan, ná ‘n onbesonne daad een reënerige aand, moet sy vlug voor
die gereg. Want in Engeland sal sy voëlvry verklaar word.
Sy kies koers na Noord-Afrika, waar sy uit desperaatheid haarself verneder vir ‘n stukkie brood. ‘n Bejaarde vreemdeling kom tot haar redding, en uiteindelik word sy sy derde vrou en vind vir die eerste maal vrede in haar gemoed.
Maar nie vir lank nie. ‘n Barbaarse stropersbende oorrompel hulle tydens ‘n karavaantog in die Sahara en haar dapper optrede red haar van ‘n gewisse dood. En so dit dat Alice uiteindelik passie en hartstog ontdek in die arms van Zousfana, die gevreesde leier van die Toeareg totdat kolonel Ramon Roberte van die Franse Vreemdelinge-legioen haar geliefde met ‘n dolk onthoof.
Alice word dwarsoor die Sahara bekend as die wit koningin. Sy voer ‘n skrikbewind en sal nie rus voordat haar geliefde se moord gewreek is nie…
Die wit koningin is gegrond op die ware lewensfeite van lady Alice Wycliffe. Ena Murray vertel die verhaal van lyding en gevaar, van grenslose liefde en allesverterende haat soos net sý dit kan doen.
Sluiers van wierook
Ida Herbst is vas van plan om haar pa en ‘n span geoloë te vergesel op hul soektog na water in Roeb-al-Chali, die grootste woestyn van Saoedi Arabië. Georg Bolger, alias Al-Amin, vertroueling van die sjeiks, weier egter volstrek. Boonop beveel hy haar om dadelik terug te keer na Suid-Afrika, want ‘n blou-oog brunet soos sy soek net moeilikheid om vroualleen in die woestynstad Riaad rond te swerf.
Haar nuwe vriendin, Ansie, word egter kort ná hul kennismaking ontvoer deur die aantreklike prins Ibrahim Hazik. Skielik is Ida vasgevang in die lewensgevaarlike web waarteen Georg haar gewaarsku het. Terug huis toe kan sy nie, eers moet sy vir Ansie. opspoor, en die enigste oplossing is om haarself gewilliglik in prins Ibrahim se kloue te begewe..
Ida se pad loop van die Oosterse mark in Riaad deur die onherbergsame woestyn met sy honger wolwe, gewetenlose rowerbendes en sandstorms na M’zab, die oase waar Ansie haar in prins Ibrahim se harem bevind.
Maar ‘n storm woed ook in haar eie gemoed, want teen haar beterwete ontketen die geheimsinnige Georg ongekende emosies in haar hart…
Delivery Options
Build a Bundle
To save on shipping you can buy books and when you are ready, you pay for the shipping and we send all your books at once.
Paxi (Pep to Pep)
Standard Bag R60: delivery within 7 – 9 days to a Pep near you.
Pudo (Locker to Locker)
We will send your package to the nearest locker of your choice.
Aramex (Store to Door Courier)
Convenient delivery to your door.
Collection
Collect your package from our address in Doornpoort, Pretoria.
Description of book condition:
New – Brand new and unread book.
As New – A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good – Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good – Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair – Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn – Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a “reading copy”). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.
Beskrywing van boeke se toestand:
Nuut – ‘n Nuwe, ongeleesde boek.
Soos Nuut – ‘n Tweedehandse boek wat nog maklik vir ‘n nuwe een kan deurgaan,
Baie Goed – Die boek wys minimale verweer,
Goed – Die boek wys sigbare verweer, maar niks ernstigs nie.
Redelik – Die boek wys duidelike leesverweer, veral op die omslag, maar is steeds stewig en heel.
Verweerd – Die boek wys ernstige verweer, maar is steeds heel en heeltemal leesbaar (ons noem dit ‘n “leeskopie”). Geen bladsye is los nie.
Book Formats
Paperback: Mass market paperback, roughly 180mm x 110mm
Medium Softcover: Larger paperback, roughly 200mm x 130mm
Large Softcover: also called a “Trade Paperback”, roughly 235mm x 155mm
Medium Hardcover: Hardcover book, roughly 200mm x 130mm
Large Hardcover: Hardcover book, roughly 235mm x 155mm